Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

Derduisende wetsgehoorsame burgers stem nie met Cele saam nie

Nuuskommentaar: 2 Junie

Deur: Alet Rademeyer

Die ANC-regering moet maar weer gaan dink oor die wysigings aan die Wet op die Beheer van Vuurwapens wat onlangs in die Staatskoerant gepubliseer nie.

Wetsgehoorsame landsburgers gaan hulle teen hierdie irrasionele en drakoniese voorstelle verset en sonder twyfel in hul duisende hierteen in opstand kom.

Van die voorgestelde wysigings behels dat selfverdediging nie meer as rede vir vuurwapenbesit aangevoer mag word nie. Voorts sal daar voortaan ’n beperking op die aantal wapens wees wat jagters en skuts mag besit en wapenversamelaars sal dié skat kwyt wees omdat versamelings in privaatbesit nie meer toegelaat sal word nie. Nugter weet wat met dié wapens moet gebeur.

Geen regdenkende mens sal inkoop by die gedagte dat jy nie meer ’n vuurwapen vir selfverdediging kan besit nie. Veral nie in ’n land waar die staat en die polisie jou nie kan beskerm nie. Ons het die volste reg om onsself en ons gesinne te beskerm met alle moontlike middels, vuurwapens ingesluit. Dis ook ’n gemeenregtelike reg wat elkeen het.

Bheki Cele, minister van polisie, is uit voeling met die vrees waarmee die grootste gedeelte van die samelewing daagliks leef. Mense is elke dag bang om beroof, vermoor of verkrag te word.

Om nie eens te praat van boere en landelike bewoners wat afgeleë bly en nog meer kwesbaar is nie. Plaasaanvalle het in die eerste kwartaal meer as verdubbel teenoor die ooreenstemmende tyd verlede jaar. Amper dubbel soveel boere, plaasbewoners en –werkers is vermoor.

Die jongste misdaadstatistieke dui daarop dat burgers as gevolg van die regering se onvermoë om hulle te beskerm aan die kortste end trek in die stryd teen kapers, moordenaars en booswigte. Sowat 5 000 mense is in die eerste kwartaal van die jaar vermoor. 1 327 hiervan in hul woonplek. Suid-Afrika is een van die lande met die hoogste moordsyfer ter wêreld.

Dit is waarskynlik net Cele en ander soos hy wat elke dag deur tientalle lyfwagte, gewapende wagte, omring is wat nie in vrees lewe nie.

Die voorgestelde Wysigingswetsontwerp op die Beheer van Vuurwapens, wat ten doel het om die besit van ’n vuurwapen vir selfbeskerming te skrap, is nie net onlogies nie, maar sal lei tot meer plaasaanvalle en moorde op weerlose burgers.

Om wetsgehoorsame wapeneienaars te ontwapen is nie die oplossing om die risiko’s van vuurwapenbesit te verminder en wapenmisdaad af te bring nie. Die teendeel is eerder waar aangesien kriminele geen vrees het om aangekeer of vervolg te word nie. Hulle sal net nog verder die oorhand kry!

Die oplossing vir die misdaadkrisis is om op misdadigers te fokus. Die polisie se vermoë moet verbeter en hulle moet hul hulpbronne beter aanwend. Die totale chaos by die sentrale vuurwapenregister is aanduidend dat die polisie nie in beheer is en vuurwapenbesit behoorlik kan bestuur nie.

Opposisiepartye, landbou-organisasies en burgerlike instellings is almal daartoe verbind om die minister van hierdie voorgestelde wysigings te laat afsien.

Dit is nou tyd dat gewone burgers moet saamstaan en elke petisie en geleentheid moet gebruik om teen hierdie wysigings beswaar te maak. Laat jou stem hoor.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

cyril en trump3

Ramaphosa beweer Trump is oningelig

GvPzCUrXAAAxy9m

Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”

WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266

Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed

gettyimages-2223201846

Texas-vloede: Dodetal styg tot 82

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

Ander Nuus Artikels

LISENSIE-2
OUTA vra dat rybewyskaarte 10 jaar geldig moet wees
covid-1
Studie: 50% van Covid-19-pasiënte beleef langtermyngeheue- en geestesgesondheidsprobleme
0000416479_resized_newidcard
Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke
cyril en trump3
Ramaphosa beweer Trump is oningelig
GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende