Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Derde grootste Geloftedag in VTM-geskiedenis

17 Desember 2023

Die derde grootste Geloftediens in die geskiedenis van die Voortrekkermonument het gister plaasgevind toe nagenoeg 32 000 mense by die monument saamgekom het. 

Met die inwyding van die monument in 1949 het 250 000 mense die verrigtinge bygewoon, terwyl die tweede grootste samekoms met die 150-jaar-herdenking van die Groot Trek in 1988 gevier is.

Die besturende direkteur van die Voortrekkermonument, dr. Danie Langner het tydens die verrigtinge gesê dat dit uiters belangrik is dat die diens steeds elke jaar bygewoon word.

“Afrikaners is steeds hier omdat ons deur hierdie dag getuig dat in tye van nood, in tye van lewensgevaar en bedreiging, kom ons saam om ons voor die Here te verootmoedig. Ons weet dat dit die Here alleen is wat ons kan red,” sê Langner.

Volgens Langner is die gelofte op altesame 279 plekke oor Suid-Afrika heen gevier, en in 24 lande wat op ses van die sewe kontinente is.

Foto: Voortrekkermonument

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

arv in water 2 ander formaat

TEENVIGSMIDDELS IN WATER WEK KOMMER

POLISIE2

VERTROUE IN POLISIEDIENS DAAL KWAAI

xr:d:DAFscQxUTco:18,j:3303791048458708132,t:23082412

DBV ruk resiesperdbedryf in die bek

pexels-yungsaac-2119758

Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente

iStock-636725972-e1653556428313

Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind

Ander Nuus Artikels

SAL - Waldo Swiegers - Bloomberg
SAL VERLOOR WEER HOOGTE
uniegebou
VERSKEIE PROTESOPTOGTE IN PRETORIA
Roelf
Roelf Meyer en Tinyiko Maluleke sal nasionale dialoog lei
arv in water 2 ander formaat
TEENVIGSMIDDELS IN WATER WEK KOMMER
POLISIE2
VERTROUE IN POLISIEDIENS DAAL KWAAI

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende