22 Oktober 2024
Die minister van binnelandse sake, dr. Leon Schreiber het in antwoord op ‘n parlementêre vraag gesê dat dit die belastingbetaler in die vyf maande – van April tot Augustus – R52-miljoen gekos het om 19 750 onwettige buitelanders te deporteer.
Hy sê daar is boonop meer as 150 000 aangetekende asielsoekers en vlugtelinge in die land, met die meeste van Ethiopië (28 872), die Demokratiese Republiek van die Kongo (24 135) en Bangladesj (9 609) afkomstig.
Volgens Schreiber is daar tans byna 70 000 aktiewe vlugtelinge in die land.
21 202 is van Somalië, 20 624 van die Demokratiese Republiek die Kongo, 13 680 van Ethiopië, 3 408 van Zimbabwe en 932 van Rwanda.
In just the last 3 months, #TeamHomeAffairs has disciplined 31 errant officials and facilitated prosecution against 2 others – with more arrests on the way as we work with the SIU to root out corruption. Even as we empower ethical officials, we have zero tolerance for corruption. pic.twitter.com/XlAIAJYLJb
— Leon Schreiber (@Leon_Schreib) October 15, 2024