Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

“Departement stuur dreigbriewe aan skole om plek te maak,” sê die SOS

30 Augustus 2023

Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum sê die departement van onderwys in Gauteng probeer om deur middel van dreigbriewe plek in skole te skep wat nié bestaan nie en oor die afgelope 20 jaar nié deur die regering gebou is nie.

Die hoof van ontwikkeling by die SOS, Melanie Buys sê heelwat Afrikaanse en ander goeie skole in Gauteng het briewe van die departement ontvang waarin hulle gedruk word om tot soveel as 25% meer leerlinge te huisves as waarvoor hulle maksimum kapasiteit het. 

Volgens Buys bring hierdie oorbevolking leerders se veiligheid in gedrang en benadeel dit veral die gehalte van onderrig wat aangebied word.

Sy meen hierdie dreigbriewe probeer jarelange wanprestasie van die departement toesmeer.

“Dit is ’n jaarlikse dilemma omdat die departement nie voldoende skole voorsien om aan die groeiende vraag in die provinsie te voldoen nie. Dit is kommerwekkend dat die provinsie miljarde rande wat deur die jare toegeken is om meer skole te bou, nie spandeer het om voldoende kapasiteit in skole te skep nie,” sê Buys.

Volgens Buys poog die onderwysdepartement nou om enkelmedium Afrikaanse skole wat reeds vol is met Afrikaanse leerders te dwing om vir Engelse leerders plek te maak. “Dit sal beteken dat Afrikaanse leerders plek moet afstaan aan Engelse leerders, wat bloot die probleem vergroot.”

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

BEESTE-1

Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

donald-trump-gettyimages-687193180

Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?

Caster

Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie

Ander Nuus Artikels

xr:d:DAFscQxUTco:18,j:3303791048458708132,t:23082412
DBV ruk resiesperdbedryf in die bek
pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind
BEESTE-1
Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig
Speelgoedgeweer
Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende