Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

Departement spoor ma van tienling op; sal babas môre besoek

9 Junie 2021

Die departement van maatskaplike ontwikkeling in Gauteng het aan Pretoria FM bevestig dat die familie van ‘n Tembisa vrou aan hulle bevestig het dat dié vrou wél geboorte geskenk het aan ‘n tienling.

Dit kom nadat die departement sedert gister probeer het om die 37-jarige vrou, Gosiame Sithole op te spoor.

Volgens die departement se woordvoerder, Feziwe Ndwayana wys hulle berigte daarop dat die nuus wél waar is, maar meen maatskaplike werkers sal môre die ma en babas besoek om uit te vind wat hulle behoeftes is.

Die babas (sewe seuns en drie dogters) is Maandagaand op 29 weke gebore.

Ndwayana sê Sithole en haar man, is reeds ‘n geruime tyd “kliënte” van die departement van maatskaplike ontwikkeling sedert hulle sesjarige tweeling se geboorte.

Volgens Ndwayana het die ma sedert die geboorte uit die media gebly omdat haar dokter haar geraadpleeg het om te rus. “Haar liggaam is te verstane deur erge fisiese en emosionele trauma.” Sithole se dokters het aanvanklik gedink sy verwag ‘n agtling.

Ndwayana sê die gesin is in ‘n plek van veiligheid.

Dié geboorte het sedert gister die media aan die gons met talle vraagtekens. Die nuus beteken nou dat Sithole heel waarskynlik ‘n Guinness Wêreldrekord behaal het vir die meeste babas, wat op een slag gebore is.

Verlede maand het ‘n vrou van Mali geboorte geskenk aan nege babas.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

ChatGPT Image Apr 23, 2025, 01_21_00 PM

LUR bekommerd oor beweerde lyfstraf by ‘n Pretoria-skool

GjK6x6eWUAA5loy

Seremoniële geleenthede kos die weermag miljoene

dirk hermann4

Solidariteit kondig optrede teen Ramaphosa aan oor minagting van hof

Paul-mashatile2

Mashatile sê hy wil die volgende ANC-leier wees

GpMtIfnXQAAQhoy

Brandweerdienste weer na die Tembisa-hospitaal ontbied

Ander Nuus Artikels

Marianne Pouwels_b
Nuuskommentaar: Nie volmaak, maar vol hoop
Thabo-3-800x450
Professor skuldig aan dieremishandeling oor honger leeus
WhatsApp Image 2025-04-23 at 13.39.01_55df3ea7
E-verkiesing waarskynlik nog nie al in 2026 ‘n moontlikheid nie
ChatGPT Image Apr 23, 2025, 01_21_00 PM
LUR bekommerd oor beweerde lyfstraf by ‘n Pretoria-skool
GjK6x6eWUAA5loy
Seremoniële geleenthede kos die weermag miljoene

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende