4 Maart 2022
Die minister van gesondheid, dr. Joe Phaahla sê die nasionale departement van gesondheid sukkel om ontslae te raak van ‘n oormaat Covid-19-entstof omdat die aantal mense wat aanmeld vir inentings afgeneem het.
Hy sê tans is daar ongeveer 20-miljoen entstofdosisse in voorraad. Phaahla het vanoggend tydens ‘n mediakonferensie gesê dat gegewe die tempo waarteen mense hulle nou laat inent is daar ‘n goeie kans dat meer as 100 000 entstofdosisse weggegooi moet word.
Volgens hom is daar wel uitruilreëlings met ander lande om moontlik die oormaat entstofdosisse oor te neem.