22 November 2022
Die departement van staatsdiens en administrasie sê werkers wat deelneem aan vandag se staking, sal nie betaal word indien hulle wegbly van die werk nie.
Duisende werkers verbonde aan die vakbondfederasies Cosatu, Saftu en Fedusa neem vandag deel aan ‘n eendagstaking, oor die loongeskil.
Vakbonde eis ‘n salarisverhoging van 10%, terwyl die staat net 7,5% aanbied. In Pretoria se middestad kom honderde werkers reeds sedert vroeg vanoggend byeen om na die kantoor van die nasionale tesourie op te ruk.
Daar word na verwagting ook optogte beplan in Kaapstad, Bloemfontein, Witbank, Durban, Kimberley.
https://twitter.com/SAfmRadio/status/1594933656812126208