3 Augustus 2022
Die departement van binnelandse sake het besluit om nié wetgewing te wysig, wat poliandrie in Suid-Afrika sal wettig maak nie.
Poliandrie verwys na vroue wat meer as een man het. Poligamie, wat beteken dat mans meer as een wettige vrou mag hê, is wettig in Suid-Afrika.
Luidens die Witskrif vir huwelike in Suid-Afrika, wat deur die departement gepubliseer is, is die besluit geneem om nie die wet aan te pas nie, en dus kan vroue in Suid-Afrika steeds net een wettige huweliksmaat hê.
Talle organisasies, wat staan vir vroueregte het verlede jaar ‘n beroep op die departement gedoen om die wetgewing te heroorweeg. Organisasies meen vroue behoort dieselfde regte te hê.
Die departement sê in ‘n verklaring dat hoewel die wettiging van poliandrie kwessies soos gelykheid sal bevorder, lyk dit nie asof daar veel vroue in die land is wat dit volg nie, en daarom regverdig die nie ‘n verandering aan die wet nie.