8 Oktober 2021
Die minister van gesondheid, dr. Joe Phaahla sê hoewel die klem van die inentingsveldtog steeds op ouer- en kwesbare persone val, kyk die departement tans na die moontlikheid om sy veldtog na jonger kandidate uit te brei.
Phaahla het tydens ‘n mediakonferensie verwys na die besluit deur die Suid -Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (SAHPRA) – wat in September bekend gemaak is – dat die Pfizer entstof vir kinders tussen die ouderdom van 12- en 18 jaar oud – ook goedgekeur is.
Die minister sê ‘n aankondiging sal binne die volgende paar weke gemaak word, maar die moontlikheid bestaan dat daar reeds voor die einde van die maand met inentings van minderjarige persone begin kan word.
Stem vir die Aitsa’s