23 Julie 2021
Die departement van gesondheid sê weens die afgelope paar dae se onluste in KwaZulu-Natale en Gauteng is daar nou ‘n ernstige tekort aan formulemelk in sekere dele van die land.
Die departement het egter ‘n streng waarskuwing uitgereik om nié vir skenkings te vra nie omdat dit “onwettig” is. Die gesondheidsdepartement se woordvoerder, Popo Maja sê die regering het regulatoriese raamwerke vir die bestuur van kommersiële formule vir babas.
Hy sê dus beveel die departement aan dat skenkings vir formulemelk deur provinsiale gesondheidsdepartemente gedoen moet word. Maja sê op hierdie manier kan die departement seker maak dat die formulemelk aan die standaarde voldoen.
Hy het ook ‘n beroep op mense gedoen om nié resepte vir tuisgemaakte formulemelk op sosiale media te deel nie. Maja meen dit kan gevaarlik vir babas wees indien die formulemelk nie die nodige voedingstowwe bevat nie.
Hou Afrikaans op die lug