18 November 2022
Die departement van vervoer in Noordwes het begin met ‘n ondersoek na die provinsie se omstrede donkiekar-projek – waar donkiekarretjies deur die provinsie aangekoop is om onder die gemeenskap te versprei.
Tydens dié aankondiging in Mahikeng het die LUR vir vervoer, Sello Lehari gesê dié ondersoek sal gelyklopend en onafhanklik van ‘n ondersoek van die Valke gedoen word.
LEES OOK: DEPARTEMENT VERDEDIG AANKOOP VAN DONKIEKARRE TER WAARDE VAN R780 000
Twintig karretjies is teen ‘n bedrag van R780 000 aangekoop.
Volgens Lehari sal die koste van die aankope deel vorm van die onsdersoek, nadat R32 500 vir ‘n tweesitplek karretjie betaal is en R45 000 vir ‘n viersitplek karretjie.
Hoewel plaaslik inwoners die vervoermiddele verwelkom, het hulle gekla oor die duursaamheid daarvan nadat sommige van hulle binne twee weke nadat dit oorhandig is gebreek het.