7 Augustus 2024
Die adjunkminister van binnelandse sake, Njabulo Nzuza, het bevestig dat ‘n ondersoek aan die gang is oor die nasionaliteit van die Mejuffrou Suid-Afrika finalis, Chidimma Adetshina.
Dit kom ná ‘n herrie op sosiale media uitgebreek het waarin beweer word dat sy nie Suid-Afika kan verteenwoordig nie omdat haar ouers buitelanders is. Nzuza het gesê hulle het ‘n versoek ontvang om die saak te ondersoek en dat die bevindinge bekend gemaak sal word.
Adetshina se pa is oënskynlik ‘n Nigeriër terwyl haar ma vermoedelik van Mosambiek afkomstig is.
Verskeie belanghebbendes – insluitend die minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie – het hulle teen haar deelname uitgespreek ten spyte daarvan dat sy in Suid-Afrika gebore is.