1 Desember 2021
Die departement van minerale hulpbronne het vir die eerste keer in sy geskiedenis ‘n fout gemaak met die berekening van die petrolprys-vehoging.
Die Outomobiel Assosiasie (AA) het bevestig dat hy bewus is van die fout. Om middernag het die petrolprys met 75 sent per liter gestyg en nié met 81 sent per liter soos wat die departement aanvanklik gesê het nie. Die ander prysveranderings bly onveranderd.
Diesel het met tussen 72-sent en 74-sent per liter verhoog afhangend van die swaelinhoud en paraffien is nou 42-sent per liter duurder.
Die departement het in ‘n verklaring gesê dat hy 6 sent per liter by die petrolprys gevoeg het om voorsiening te maak vir die aanpassing van lone van vulstasie-werknemers. Dié bedrag is egter reeds in September bygevoeg.
Stem vir die Aitsa’s