Annigang met Antowan

Weeksdae
14:00 - 16:00

Luister nou

Volgende

Denel-veiling gaan voort

14 Julie 2022

Die vakbond Solidariteit sê hy sal voortgaan om Vrydag ‘n deel van die krygstuig-onderneming, DENEL, se bates op te veil.

Na verwagting sal dit die eerste van vele soortgelyke veilings wees wat die vakbond beplan.

Dit volg nadat Solidariteit vroeër vanjaar beslag gelê het op dié bates weens Denel se versuim om – ingevolge ʼn hofbevel – sowat R90-miljoen aan Solidariteit-lede oor te betaal vir agterstallige salarisse.

Solidariteit voer aan dat die beslaglegging en opveiling van bates nou die enigste opsie is nadat DENEL verskeie ooreenkomste tussen die partye verbreek het.

Helgard Cronjé, die adjunkhoofsekretaris vir die openbare sektor by Solidariteit, sê die veiling dek slegs ʼn baie klein gedeelte van die eis, maar dat hulle ook reeds op DENEL Korporatief se bankrekening beslag gelê het en dat verdere veilings sal volg totdat die volle bedrag ingewin is.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

donald-trump-gettyimages-687193180

Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?

Caster

Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu

Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-

Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank

Ander Nuus Artikels

iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind
BEESTE-1
Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig
Speelgoedgeweer
Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof