Annigang met Antowan

Weeksdae
14:00 - 16:00

Luister nou

Volgende

Demografiese Oorwinnings

Nuuskommentaar: 27 Augustus

Deur: Victor Correia

Vandag hoor ons nog heelwat dat daar oor Suid-Afrika as “ons land” gepraat word. In ‘n sekere sin kan daar gepraat word van Suid-Afrika as ons land, omdat Afrikaners regoor hierdie landstreek woon. Tog kan daar in ‘n ander sin meer krities na Suid-Afrika gekyk word, omdat die aantal Afrikaners tesame met hul verspreiding eerder van die teendeel getuig.  

Daar was ‘n tyd toe Afrikaners hul getalle en politieke mag kon gebruik om by die stembus te triomfeer. Terwyl die stembus ‘n mag verleen tot die volgende verkiesing, word dit wat by die stembus gebeur eerder deur die demografiese werklikhede bepaal. Terwyl politieke partye altyd sal fokus op die volgende verkiesing, moet Afrikaners soos Flip Buys dit al gestel het eerder fokus op die volgende geslag.

Daar is min wat ons kan doen om die stembus in ons guns te swaai, maar tog heelwat wat ons kan doen om die demografiese werklikhede in ons guns te verander. Daar is wel ‘n paar voorwaardes hieraan verbonde.

Ter wille van die toekoms sal ons eerder aan Suid-Afrika as ‘n landstreek (waarbinne die Afrikaner ‘n toekoms moet skep) moet dink. Suid-Afrika is nie almal se plek nie, maar eerder ‘n landstreek waarbinne verskillende gemeenskappe vir hulself moet sorg vir ‘n toekoms.

Wanneer die landkaart van bo na onder bekyk word, lyk die prentjie vir ons droewig. Die statistiek tel teen ons, en as minderheid is Afrikaners regoor die landstreek versprei. Waar ons egter vanuit die leefbare ruimtes wat ons reeds vir onsself geskep het kyk, lyk dinge meer bemoedigend.

Dink maar net aan die suksesverhale van Soltech en Akademia. Tien jaar terug was daar min ruimte vir Afrikanerkinders om hulself op kampus uit te leef. Vandag is daar verskeie studierigtings wat Afrikanerkinders kan oorweeg by die instellings. Die punt is dat ‘n fokus op die volgende geslag energie losmaak vir projekte wat menslik gesproke onmoontlik lyk.

Afrikaners se volgende uitdaging is demografies. Ons het nou jong mense wat in Afrikaans kan studeer, maar ons sal ook dorpe en stede moet bou wat vir hul ‘n daadwerklike alternatief vir emigrasie sal word.

Ons moet as Afrikaners demografiese oorwinnings begin behaal. Met demografiese oorwinnings word bedoel dat ons ‘n plan moet kry om die grond wat ons besit vir geslagte aaneen te behou. Demografiese oorwinnings kan behaal word deur gesonde gesinne, konsentrasie en eie arbeid.

  • Gesin: Kinders wat gebore word beteken vir die Afrikaner vandag baie meer as kruisies wat getrek word. Die aantal groter Afrikaner gesinne wat vandag gesien word is bemoedigend.
  • Konsentrasie: Die konsentrasie van Afrikaners in ankerdorpe is reeds vir ons ‘n aanduiding dat Afrikaners weer aan die trek is. Hul trek na plekke waar hul veilig kan woon, werk en skoolgaan.
  • Eie arbeid: Daar is ‘n aantal Afrikaners wat reeds migreer het, na die Wes-Kaap. Tog word die demografiese samestelling van die Wes-Kaap in die nabye toekoms bedreig deur Afrikaners wat nie hul eie werk doen of van mede-Afrikaners gebruik maak nie.

Afrikaners kan vandag demografiese oorwinnings behaal deur te fokus op die volgende geslag, te konsentreer en ook hul eie werk te doen. “Eie arbeid is die kultuuroffer wat die Afrikaner sal moet gee, om sy vryheid te herwin” (Ds. Ronald Bain).

Suid-Afrika is nie meer ons land nie, maar dit sê nie dat ons iewers binne hierdie massiewe landstreek vir ons ‘n nuwe toekoms kan skep nie. Daarvoor het ons gelukkig nie die hele Suid-Afrika nodig nie. Inteendeel, hoe kleiner en meer gefokus ons werk, hoe groter sal ons sukses waarskynlik wees.

Dit is tevergeefs om die demografiese tendense in Suid-Afrika om te keer, maar uiters bemoedigend om klein demografiese oorwinnings te behaal. So gesien is elke nuwe Afrikanerkind, elke Afrikanergesin wat trek na ankerdorpe en elke Afrikaner wat begin om hul eie werk te verrig, ‘n klein maar kragtige demografiese oorwinning.

Hou Afrikaans op die lug

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

pexels-yungsaac-2119758

Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente

iStock-636725972-e1653556428313

Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind

BEESTE-1

Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

Ander Nuus Artikels

arv in water 2 ander formaat
TEENVIGSMIDDELS IN WATER WEK KOMMER
POLISIE2
VERTROUE IN POLISIEDIENS DAAL KWAAI
xr:d:DAFscQxUTco:18,j:3303791048458708132,t:23082412
DBV ruk resiesperdbedryf in die bek
pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind

Annigang met Antowan

Weeksdae
14:00 - 16:00

Luister nou

Volgende