Huis Toe

Weeksdae
16:00 - 18:00

Luister nou

Volgende

“Delilah sal steeds gesing word,” sê sanger oor verbod deur Walliese Rugbyunie

25 Julie 2023

Die Walliese sanger, Tom Jones (83) het teruggekap na die Walliese Rugbyunie (WRU) oor hulle besluit om nié sy 1968-treffer, Delilah by sy rugbywedstryde toe te laat nie.

Dit kom nadat die unie in Februarie aangekondig het dat die liedjie nie meer deur internasionale kore by die Principality-stadion in Cardiff gesing mag word nie omdat dit, volgens hulle, vrouehaat en gesinsgeweld aanhits.

Van die lirieke, wat deur Barry Mason geskryf is, bevat lirieke wat daarop sinspeel dat ‘n vrou deur haar kêrel vermoor word omdat sy hom met ‘n ander man verneuk het. Die lied is gewoonlik voor wedstryde en gedurende wedstryde gespeel.

Jones hou egter vol dat hy steeds die lied sal sing, en het dit die afgelope naweek (22 Julie) tydens ‘n optrede by die Cardiff-kasteel gesing. “Die WRU het dalk kore verhoed om die liedjie te sing, maar hulle kan nie die gehoor keer nie.”

Dit is veral die koor-gedeelte van die lied: “My, my, my Delilah. Why, why, why my Delilah” wat sinoniem is met Walliese rugbywedstryde.

Volgens Jones lees die unie té veel in die lirieke, en is dit nie ‘n politieke lied nie. “Dit gaan net oor ‘n vrou wat ontrou was, en ‘n man wat seergemaak is daardeur.”

Foto: BBC

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Eie rigting

Zoeloes op die Afrikanerstoep

Eskom

Eskom gereed om weer geld te leen

ENOCH

Hof stop ook nou amptelik die BTW-verhoging

pexels-shvets-production-9775854

Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”

SENZO-MCHUNU

Die minister van polisie vra om verskoning nadat hy skoolhoof van verkragting beskuldig

Ander Nuus Artikels

Kleinfontein
Kleinfontein-gemeenskap reageer op beplande EFF-betoging
CARNEY
Kanada kry ‘n nuwe premier
GpsUsB5XkAAKkI0
Paastyd padsterftes neem met 45,6% af
Eie rigting
Zoeloes op die Afrikanerstoep
Eskom
Eskom gereed om weer geld te leen

Huis Toe

Weeksdae
16:00 - 18:00

Luister nou

Volgende