9 Februarie 2023
Die Krugerwildtuin waarsku besoekers dat sekere dele van dié park se suidelike deel gesluit is weens swaar reën en donderstorms wat daar uitgesak het.
Die Nwaswitshaka-brug was gesluit, maar een baan is weer oopgestel. Die park het in ‘n verklaring op sy Facebook-blad ‘n beroep op besoekers gedoen om slegs van die paaie gebruik te maak as dit veilig is.
Daar is weens donderstorms ook baie takke en klippe in die pad.
Die pad na Skukuza was ook tydelik gesluit, maar is weer oop. Alhoewel dit lyk asof die reën bedaar, sê SANParke dat motoriste eerder nie van grondpaaie gebruik moet maak nie, en liefs op die teer bly. Dit is ook nie ‘n goeie idee om laagwaterbrûe te probeer oorsteek nie.