Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende

Debat oor mediese verslae oorheers Zuma-verhoor

‘n Debat oor oud-president Jacob Zuma se mediese verslae en parool het die eerste gedeelte van die oggend se sitting in die Hooggeregshof in Pietermaritzburgse oorheers, nadat die staat versoek het dat die betrokke verslae vandag ingedien word.

Hoewel Zuma se mediese parool nie ‘n direkte onderwerp van die korrupsieverhoor uitmaak nie, het regter Piet Koen toegegee dat dit moontlik ‘n invloed op die verloop van die saak kan hê.

Die staat wil hê dat die mediese rekords vir veilige bewaring aan die voorsittende beampte oorhandig moet word sou dit later nodig word om die verslae te bestudeer.

Die Kommissaris van Korrektiewe Dienste, Arthur Fraser, wat op omstrede wyse mediese parool aan Zuma toegestaan het was ook in die hof teenwoordig.

Die kwessie van die mediese verslae sal later weer bespreek word sodra die hof oor ‘n aansoek beslis het waarin die verdediging vra dat advokaat Billy Downer as aanklaer in die saak verwyder moet word.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Glyryer2

16-JARIGE PRETORIANER DIE LAND SE JONGSTE GLYRYER

NUUSWEEK JACO

Internasionale perspektief: Brics groot, maar nog lank nie invloedryk

NUUSWEEK WILLIE

Eie rigting: Uitskop van adjunkminister Whitfield bied regs- en politieke opsies

KgosikgoloKgafelaKgafelaII_26June2025

Koning regeer oor afstand ná dreigemente

Jake_White_EHTL6442-scaled-e1673217119283

Jake White verlaat die Blou Bulle

Ander Nuus Artikels

re-elon-musk-donald-trump-1500-800
Elon Musk stig sy eie party
Screenshot 2025-07-05 112441
Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs
Vrou wat kind doodry
Vrou wat glo sy ry eie kind dood, inspireer nou ander
Glyryer2
16-JARIGE PRETORIANER DIE LAND SE JONGSTE GLYRYER
NUUSWEEK JACO
Internasionale perspektief: Brics groot, maar nog lank nie invloedryk

Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende