23 Februarie 2023
Eskom meen die voormalige uitvoerende hoof van die kragvoorsiener, André de Ruyter, het die kragvoorsiener se naam in oneer gebring.
Die woordvoerder van Eskom, Sikhonathi Mantshantsha, het vanoggennd in ‘n onderhoud bevestig dat Eskom se bestuur nié tevrede was met De Ruyter se uitlatings tydens ‘n onlangse onderhoud met eTV nie.
LEES OOK: DE RUYTER AS HEDENDAAGSE HELD BESKRYF NÁ BEDANKING
De Ruyter het in dié omstrede onderhoud onder meer onthul dat hy ‘n kabinetsminister ingelig het van ‘n ANC-politikus se beweerde betrokkenheid by korrupsie by Eskom.
Eskom het gisteraand in ‘n verklaring aangekondig dat De Ruyter onmiddelilk uit die pos as hoof uitvoerende beampte sal tree. De Ruyter se kennisgewingstydperk sou einde Maart tot ‘n einde gekom het nadat hy in Desember sy bedanking ingedien het.
Volgens Mantshantsha sal Eskom ‘n waarnemende hoof uitvoerende beampte hê totdat die geskikte kandidaat aangewys word om De Ruyter te vervang.