Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

De Ruyter as hedendaagse held beskryf ná bedanking

23 Februarie 2023

Reaksie stroom in nadat die uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter se bedanking met onmiddellike ingang laat gisteraand aangekondig is.

Eskom het in ‘n verklaring gesê dat De Ruyter se bedanking kom nadat daar ‘n ooreenkoms tussen hom en die raad bereik is dat sy diensperiode teen 28 Februarie ten einde sal loop, maar dat hy nié die oorblywende periode hoef aan te bly nie.

Volgens ‘n verklaring sal sy opvolger aangewys word nadat daar met die betrokke minister en ander rolspelers beraadslag is.

De Ruyter se onmiddelike bedanking volg na ‘n onderhoud met Annika Larsen op eTV, waarin hy gesê het ’n hoëvlak-politikus was betrokke by korrupsie by Eskom – en dat ’n minister blykbaar daarvan geweet het.

Die bestuurshoof van Solidariteit, dr. Dirk Hermann het in reaksie op die nuus, De Ruyter as ‘n hedendaagse held beskryf. “Hy was in ‘n sisteem waar daar nie plek is vir harde werk, oplossings en eerlikheid nie. Eerlikheid was die finale strooi vir die korrupte stelsel. Dit word nie geduld nie en hy moet onmiddellik loop. Ek salueer vir Andrè.”

Die leier van Al Jama-Ah, Ganief Hendriks sê die bedanking is ‘n groot skok. Hy meen De Ruyter het sy oorhandiging van die pos eerder voor die media gedoen, as om die regte kanale te volg deur ‘n uitgangsonderhoud met ‘n onafhanklike menslike hulpbronnebeampte te doen.

“De Ruyter het egter die land ‘n reuse guns gedoen deur te bedank op die wyse waarop hy dit gedoen het.”

Ian Cameron, die woordvoerder van die burgerregteorganisasie Action Society het De Ruyter gesalueer en het hom as ‘n man van integriteit beskryf. Die hoof van AfriForum, Kallie Kriel sê dit is onaanvaarbaar dat De Ruyter nou op hierdie manier behandel word omdat hy gekies het om eerlik te wees oor korrupsie by Eskom.

FOTO: Annika Larsen, eTV.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

donald-trump-gettyimages-687193180

Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?

Caster

Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu

Ander Nuus Artikels

pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind
BEESTE-1
Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig
Speelgoedgeweer
Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof
BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)
Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende