24 Augustus 2022
Die Dierebeskermingsvereniging sê hy het beslag gelê op 32 windhonde wat in die Rouxville-distrik – in die Vrystaat – gebruik is om onwettig op ‘n plaas mee te jag.
Volgens ‘n inspekteur by die DBV in Bloemfontein, Reinet Meyer, was hulle geskok toe hulle honde in die aanhoudingselle by die polisiekantoor te sien.
Sy sê gewoonlik is dit maar ‘n paar honde wat gebruik word en is dié geval uitsonderlik.
Meyer sê hulle was geskok om te sien dat die diere ondervoed en verwaarloos was.
Sy het bygevoeg dat drie van die diere van kant gemaak moes word aangesien daar nie ‘n vooruitsig was dat hulle sou herstel nie.
Nege verdagtes – wat hoofsaaklik van die Oos-Kaap afkomstig is – is in hegtenis geneem