8 November 2022
‘n Deel van die damwal van die Paardekraaldam, buite Rustenburg in Noordwes, het meegegee weens swaar reën in die gebied.
Inwoners en motoriste in die Paardekraal-, Sunrise Park-, Popo Molefe- en Boitekong-gebiede is gewaarsku om nie enige brûe oor te steek nie omdat daar ‘n moontlikheid bestaan dat hulle deur die vloed-water meegesleur kan word.
’n Rampbestuurspan van die Rustenburg Plaaslike Munisipaliteit is na die gebied gestuur.
Foto: Mpho Manyaapelo (Twitter)