7 Oktober 2021
Die DA het reeds begin om sy omstrede verkiesingsplakkate in Phoenix, Durban te verwyder.

Die voorsitter van die DA in KwaZulu-Natal, Dean Mcpherson sê al die plakkate sal teen die einde van die dag verwyder wees. Hy het om verskoning gevra vir enige seer wat die plakkate vir mense veroorsaak het.
Volgens hom was die plakkate bedoel as ‘n bedanking vir inwoners van Phoenix, wat tydens die onluste in Julie, ingegryp het om eiendom teen plunderaars te beskerm.
“Al hierdie plakkate is nie goedgekeur deur die DA-leier, partystrukture en die party se veldtogleierskap nie,” sê hy. Die DA is onder meer daarvan beskuldig dat hulle “moorde tydens die onluste deur sogenaamde rassiste ondersteun.” 36 mense is in Phoenix dood.
Mcpherson meen as ‘n politikus kan jy soms die verkeerde woorde kies, maar hy meen sy bedoelings is altyd opreg. Hy sê sy bedoeling met die plakkate was om die regering se mislukking om mense en eiendom tydens die onluste te beskerm, duidelik te stel.
Stem vir die Aitsa’s