8 Augustus 2022
Die DA het die minister van handel en nywerheid Ebrahim Patel se plan teen kabeldiefstal verwerp.
Patel het aangekondig dat die uitvoer van skrootmetaal vir ses maande verbied word.
Die DA sê die verbod sal daartoe lei dat wettige metaalhandelaars skade sal lei, omdat die land se wetstoepassingsagentskappe daadwerklike met kabeldiewe kan afreken nie.
Die DA se adjunk-skadu minister oor handel en nywerheid, Mat Cuthbert sê die plan is ‘n bewyse dat die regering nie openbare infrastruktuur kan beskerm nie.
Die party sê daar is al in ander lande bewys dat so ‘n verbod nie kabeldiefstal keer nie. Hy meen die probleem van kabeldiefstal is nie ‘n nywerheidsprobleem nie, maar wel ‘n misdaad probleem.