19 Oktober 2023
Die DA sê hy sal nie Kholeka Gcaleka ondersteun, indien sy as die nuwe openbare beskermer benoem word nie.
Parlementslede stem vanmiddag om Gcaleka se aanstelling te steun, al dan nie.
Die DA se skadu-minister van justisie en korrektiewe dienste, advokaat Glynnis Breytenbach het tydens haar spreekbeurt in die parlement gesê, dat die aanstellings-proses van die pos vir die openbare beskermer, heroorweeg moet word.
Sy meen geen van die agt kandidate is vir die belangrike pos geskik nie. Volgens Breytenbach is Gcaleka veral nie die regte persoon vir die pos nie.
Sy sê die DA het die voormalige OB, advokaat Busisiwe Mkhwebane se aanstelling sewe jaar gelede teengestaan en dit het nie goed uitgedraai nie.
Breytenbach is deur die speaker, Nosiviwe Mapisa-Nqakula gevra om die sitting te verlaat “omdat sy glo ANC-LP’s beledig het.” Daarna het die res van die DA-lede uit protes die sitting verlaat.