Die hoofsweep van die DA in die Tshwane-metro ,Ofentse Madzebatela sê dat dié party ‘n mosie van wantroue teen die speaker van die raad, Mncedi Ndzwanana, gaan voorstel. Dit sal tydens die raadsvergadering op 26 Junie ter tafel gelê word. Madzebatela, ‘n lid van die ATM, het Ndzwanana daarvan beskuldig dat hy soos ‘n diktator optree tydens raadsvergaderings – waar hy raadslede soos onderdane behandel. Die speaker word ook daarvan beskuldig dat hy besluite op grond van sy emosionele toestand op die dag neem, en dit nie op feite of regsvoorskrifte grond nie. |