5 Julie 2022
Die DA het vanoggend na die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi se kantoor in Johannesburg opgeruk om hulle misnoeë uit te spreek oor die omstrede Bela-wet.

Hierdie wetsontwerp is reeds in 2017 gepubliseer en is uit die staanspoor omstrede. Dit verskuif die bevoegdheid om ‘n skool se taal-, godsdiens- en toelatingsbeleid op te stel, van die skoolbeheerliggaam na die provinsiale departementshoof.
Die DA se voorsitter van die party se federale raad, Helen Zille het buite Lesufi se kantoor gesê dat die ANC nie skole wil red deur die wysigingswetsontwerp nie, maar wil die oorblywende skole neem en dit afbreek.
Zille sê dit is uiters belangrik om moedertaal-onderrig te beskerm.
Die DA se adjunk skadu-minister van onderwys, Desiree van der Walt sê enige persoon wat die omstrede wysigingswetsontwerp teen staan sal dit dan duidelik stel dat hulle besorgd is oor die toekoms van die verskeie tale in die land asook alle kinders se toekomstige opvoeding.
Parents in Gauteng stand with the DA in rejecting the ANC's planned school capture.#StopSchoolCapture pic.twitter.com/dl8AI9p7oU
— Democratic Alliance (@Our_DA) July 5, 2022