20 Januarie 2023
Die DA sê die matriekuitslae weerspieël nie die ware toedrag van sake in die onderwyssektor nie en dat die ware slaagsyfer nader aan 54,6% is.
Volgens dié party word daar nie voorsiening gemaak vir die aantal leerders wat twaalf jaar gelede graad-1 begin het nie en het meer as 400 000 langs die pad uitgeval.
LEES OOK: AL 9 PROVINSIES BEHAAL SLAAGSYFER BÓ 70%, SÊ MINISTER
Die liggaam vir onderwysstandaarde, Umalusi, het die 2022-matriekuitslae sy stempel van goedkeuring gegee.
Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het gisteraand bekend gemaak dat dié jaar se matriekslaagsyfer 80,1% is.