Oggend met Esté Gross

Sondae
08:00 - 15:00

Luister nou

Volgende

DA-raadslid vlugtig in hof nadat hy self strepe op Aberdeen se paaie verf

7 November 2024

‘n DA-raadslid in Aberdeen – in die Oos-Kaap – moes in dié dorp se landdroshof verskyn nadat hy ‘n kennisgewing ontvang het dat hy strepe op die dorp se paaie verf sonder dat hy toestemming gehad het.

Volgens Eldridge Ruiters is die saak teen hom ter syde gestel omdat die landdros nie die munisipale ordonansie kon kry waarop die klag teen hom aanhangig gemaak is nie. Ruiters het erken dat hy padtekens en strepe – wat jare laas deur die Dr Beyers Naudé-plaaslike munisipaliteit geverf is – oorgeverf het met verf wat sy party gekoop het.

Terwyl verskeie ander munisipaliteite in die land verordeninge het wat die verf van padmerke sonder die munisipaliteit se toestemming verbied, is dit nie duidelik dat dit in Aberdeen die geval is nie.

‘n Woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag in die Oos-Kaap, Luxolo Tyali, het vroeër gesê dat dit nie ‘n onbenullige saak is nie en dat dit ernstige gevolge kan inhou as enige iemand toegelaat word om onduidelike padtekens oor te verf.

Foto: Graaff-Reinet Advertiser

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

insignia-air-fryer

Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting

Untitled design

Menslike as langs Weskuspad gestort

gt1776021

Nóg ‘n KZN-strand sluit oor watergehalte

ENOCH2

Minister sê hy sal nié bedank nie

maxresdefault

Nuuskommentaar: Ongerymdhede in Netbal SA nie nuut

Ander Nuus Artikels

pexels-shvets-production-9775854
Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”
SENZO-MCHUNU
Die minister van polisie vra om verskoning nadat hy skoolhoof van verkragting beskuldig
Tshwane-water - foto met erkenning aan Randwater
VF Plus eis dringende optrede met Tshwane-watervoorsiening
insignia-air-fryer
Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting
Untitled design
Menslike as langs Weskuspad gestort

Oggend met Esté Gross

Sondae
08:00 - 15:00

Luister nou

Volgende