Intermezzo met Marianne

Sondae
16:00 - 17:00

Luister nou

Volgende

DA maak klag teen dr. Zweli Mkhize aanhangig

3 Junie 2021

Die DA sal vandag strafregtelike klagte teen die minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize aanhangig maak.

Die party sê ‘n strafregtelike ondersoek moet volg, en dat Mkhize nie vertrou kan word met die Covid-19 inentingsprogram, terwyl daar bewerings van bedrog en korrupsie oor sy kop hang nie.

LEES OOK: SOE: VERSLAG OOR BEWEERDE KORRUPSIE IN JUNIE GEREED

Die DA sê Mkhize en die direkteur-generaal van gesondheid Sandile Buthelezi, het verskeie korrupte wandade gepleeg, in die toekenning van die R150-miljoen kontrak aan Digital Vibes.

Mkhize het erken dat die kontrak onreëlmatig was, maar meen hy het nié daarby gebaat nie. Dit het ook gister aan die lig gekom dat Mkhize se seun, Dedani na bewering ‘n tweedehandse Toyota Land Cruiser-bakkie by Digital Vibes gekry het.

Die Spesiale Ondersoek-eenheid het gister gesê dat die ondersoek na die kontrak in ‘n kritieke fase is.

LEES OOK: ZWELI MKHIZE SE SEUN ONTVANG GLO ‘N BAKKIE BY OMSTREDE MAATSKAPPY

Volgens die hoof van die SOE, Andy Mothibi gee Mkhize sy volle samewerking. Hy verwag dat die verslag voor die einde van die maand voltooi sal wees.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

NUUSWEEK JACO

Internasionale perspektief: Volgende week behoort aan Navo, maar…

Ilse Strauss

Suid-Afrikaner in Israel: Mense slaap in bomskuilings

WAGWOORD

16-miljard Facebook, Google en Apple-wagwoorde lek uit

walter-sisulu-university

Amptenaar by universiteit doodgeskiet

CILLIERS5

Brink se hoed weer in die ring

Ander Nuus Artikels

Velsiekte
Jong boerseun ploeg, ry trekker en plant ondanks pynlike velsiekte
photo
Frik Potgieter en Peter Huxham terug by die huis
NUUSWEEK WILLIE
Die storie van ou-dominee Sarel
NUUSWEEK JACO
Internasionale perspektief: Volgende week behoort aan Navo, maar…
Ilse Strauss
Suid-Afrikaner in Israel: Mense slaap in bomskuilings

Intermezzo met Marianne

Sondae
16:00 - 17:00

Luister nou

Volgende