8 Februarie 2022
Die DA het vanoggend ‘n alternatiewe staatsrede gehou, twee dae voordat president Cyril Ramaphosa sý staatsrede in Kaapstad lewer.
Die party se leier, John Steenhuisen sê dit is wonderlik om mense weer in openbare spasies te sien en om alle kinders voltyds by skole terug te verwelkom. “Dit is belangrik dat dit wat oor is van die regering se inperkingsregulasies, so gou moontlik opgehef word sodat die land en sy ekonomie na normaal kan terugkeer.”
Steenhuisen meen die grootste fokus vanjaar moet wees om werksgeleenthede te skep en te behou. Volgens hom het die Covid-19-pandemie ‘n reuse impak op armoede en ongelykheid gehad en meen die impak daarvan sal later nog meer gevoel word.
“Die inperkingsregulasies behoort rasioneel en sinvol te wees en moenie meer skade berokken as wat dit voorkom nie. Om byvoorbeeld kinders uit skole te hou het meer nadele as voordele.” Hy meen die uitwerking van die regulasies en die verbod op alkoholverkope op die toerismebedryf kan nié onderskat word nie.
Volgens Steenhuisen het die regering aangehou om dié maatreëls in te stel, ondanks die uitwerking daarvan op mense se lewensbestaan.
There is a far better alternative for our country, but this alternative can only be shaped by your participation.
— Democratic Alliance (@Our_DA) February 8, 2022
Join us in creating a new future of hope. – @jsteenhuisen #TSONA2022 pic.twitter.com/Xj7Ww4ux5w
"The DA difference is accountable governance with clean audits. Not for its own sake, but so that public money gets spent on real services for the public, to make their lives easier and better, rather than being stolen." – @jsteenhuisen #TSONA2022 pic.twitter.com/fjZW80X96I
— Democratic Alliance (@Our_DA) February 8, 2022