9 September 2024
Die DA in Matlosana – wat onder andere Klerksorp, Orkney en Hartbeesfontein insluit – sê hy het ‘n klag by die Valke ingedien teen die Hoof Finansiële Beampte, Mercy Phetla.
Volgens ‘n DA-raadslid, Johannes le Grange, het dit aan die lig gekom dat Phetla byna R12,4-miljoen aan ‘n verskaffer uitbetaal het, wat presies twee keer die bedrag is wat op die oorspronklike aankoopversoek uitgestippel is.
Le Grange sê dit is dieselfde verskaffer wat vroeër ‘n bakkie ter waarde van R1,4-miljoen aan Phetla geskenk het.
Sy het ook al in die hof verskyn op verskeie klagte van korrupsie – waarvan dié betrokke verskaffer ook by een betrek word.
Le Grange sê hulle het geen ander keuse gehad as om weer die Valke te betrek nie, nadat ‘n ANC-ondersoek haar onskuldig bevind het aan enige ongerymdhede.