Oggend met Jaco Versfeld

Sondae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende

DA kyk op sy neus in Grondwethofaansoek teen OVK

Die Grondwethof het die DA se aansoek om die Onafhanklike Verkiesingskommissie, die OVK, se besluit om die proses vir politieke partye om hul kandidate vir die komende plaaslikeregeringsverkiesing te heropen, ongrondwetlik, onwettig en ongeldig te verklaar, van die hand gewys.

Die hof het dus beslis dat die OVK se besluit grondwetlik, wettig en geldig is.

Die DA was van die standpunt dat die OVK onregmatig opgetree het deur die registrasie van kandidate toe te laat, nadat die Grondwethof beslis het dat die OVK nie die plaaslikeregeringsverkiesing tot aanstaande jaar mag uitstel nie.

Die registrasie van kandidate was in omstredenheid gehul, nadat die ANC aanvanklik nie daarin kon slaag om honderde kandidate te registreer nie. Indien die hof beslis het dat die besluit wel ongeldig was, sou die ANC in 12 munisipaliteite uitgeknikker geword het.

Die regerende party asook al die ander politieke partye het dus nou tyd tot môre om 17:00 om hul kandidaatlyste by die OVK in te dien.

Die DA het intussen aangekondig dat hy die media later vandag sal toespreek oor die uitspraak.

Fotokrediet: Darren Stewart / Gallo Images

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

Oggend met Jaco Versfeld

Sondae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende