Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

DA hou ‘n plakkaarbetoging oor minister se uitlatings oor Afrikaans

12 Oktober 2021

Die DA het vandag ‘n griefskrif aan die minister van hoër onderwys Blade Nzimande oorhandig, oor sy uitlatings rakende Afrikaans.

Nzimande het vroeër gesê dat Afrikaans ‘n uitheemse taal is.

Lede van die party het ‘n plakkaatbetoging na die minister se kantoor in die Pretoriase middestad gehou waarin hulle onder meer geëis het dat Afrikaans ook as ‘n gelyke taal beskou word. Hulle het onder meer geëis dat Nzimande self opdaag om die skrywe te ontvang, maar hy was egter nie daar nie.

Die DA leier John Steenhuisen sê Nzimande moet eerder poog om Afrikaans te vestig as ‘n ampteike taal, as wat hy probeer om dit uit te skuif.

Hy sê die DA se petisie dring verder aan dat Nzimande in die openbaar en onvoorwaardelik om verskoning moet vra aan die Afrikaanssprekende gemeenskap vir die wyse waarin hy die gemeenskap se grondwetlike regte tot waardigheid, moedertaalonderrig en gelykheid ondermyn het.

“Nadat Afrikaans se regmatige status as inheemse taal erken is, vra die DA se petisie voorts dat Nzimande alle openbare universiteite versoek om hul taalbeleide aan te pas om Afrikaans se status as volwaardige inheemse taal te reflekteer sodat moedertaalonderrig in Afrikaans uitgebrei kan word, pleks van beperk,” sê Steenhuisen.

Stem vir die Aitsa’s

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala

Taalraad eis ook nou antwoorde oor SABC-nuusbulletin

mcebisi-jonas-1500-800

Mcebisi Jonas aangestel as Ramaphosa se gesant na Amerika

Synthetic nicotine concept. Various disposable electronic cigarettes. modern alternative smoking, vaping and nicotine. Close up

Studie: Tieners toon al hoe meer ‘n afhanklikheid van damptoestelle

GoWjNLwWkAATPA2

Lugmag soek sy vliegtuigdeur

Julius-Malema6

“Trump wil G20-beraad misloop omdat hy homself verneder het met tariefverhogings,” meen Malema

Ander Nuus Artikels

Screenshot 2025-04-14 151010
Cadbury maak reuse sjokolade eier vir Paasfees
Brakfontein-substasie
Inwoners in dele van Centurion steeds sonder krag
UK
“R3,45-miljard vir diplomatieke diens is buitensporig,” sê ActionSA
SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
Taalraad eis ook nou antwoorde oor SABC-nuusbulletin
mcebisi-jonas-1500-800
Mcebisi Jonas aangestel as Ramaphosa se gesant na Amerika

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende