9 September 2021
Lede van die DA en die VF Plus het ‘n kort ruk gelede uit die Parlement geloop, wat dus die kworum gebreek het en daarom verhoed het dat die wysigingswetsontwerp op billike indiensneming aanvaar word.
Die DA-LP asook die woordvoerder van die party, Cilliers Brink het aan Pretoria FM gesê dat dié wysigingswetsontwerp vanmiddag in die parlement gedebatteer is. Volgens hom sou daar oor dié kwessie gestem word met die ANC, EFF, IVP en ander opposisiepartye wat dié wysigingswet ondersteun.
“Hierdie is seker die ergste raswet wat die ANC nóg voorgestel het.” Brink sê die DA-skaduminister van arbeid, dr. Michael Cardo het dit beskryf as ‘n wapen van ekonomiese massa-vernietiging, wat dekade lange nagevolge sal hê.”
“Klousule vier van die wetsontwerp gee die minister van arbeid die mag om verpligte ras-kwotas vas te stel vir hele sektore van die ekonomie. Maatskappy, wat nie ras-kwotas streng genoeg toepas nie sal ook verhoed word om met die regering besigheid te doen, wat natuurlik die poel van beskikbare vaardighede in die openbare sektor (insluitend munisipaliteite) nog kleiner gaan maak.”
Brink sê die ANC se planne is egter getroef toe die DA en ander posisielede uit die party geloop het en die parlement se kworum gebreek het. “Die wetsontwerp kon dus nié deurgevoer word nie.”
Hy meen dis ‘n klein oorwinning in ‘n groter stryd teen ras-gebaseerde openbare beleid.
Stem vir die Aitsa’s