Die begroting, wat môre goedgekeur moet word, hang glo saam met die Regering van Nasionale Eenheid (RNE) in die weegskaal nadat die DA en die ANC steeds nie gisteraand ‘n ooreenkoms kon bereik nie. Hy het vanoggend in ‘n plasing op X gesê dat die ANC glo gisteraand geweier het om ‘n ooreenkoms oor die begroting, en voorgestelde belastingverhoging, te finaliseer. Volgens Steenhuisen plaas die ANC se houding die Regering van Nasionale Eenheid (RNE) in gevaar. “Die DA sal die minister van finansies, Enoch Godongwana se begroting teen staan, behalwe as ‘n geskrewe ooreenkoms bereik word.” Die party sou vanoggend ‘n mediakonferensie hou oor hoe die gesprekke vorder. Dit is egter op die nippertjie uitgestel. Die DA se woordvoerder, Karabo Khakhau sê die DA sou vanoggend sy mediakonferensie hou omdat hy onder die indruk was dat ‘n ooreenkoms reeds gisteraand bereik sou word. Khakhau het egter bevestig dat Steenhuisen en preisdent Cyril Ramaphosa vandag sal vergader. Hy sê die DA sal eers na die bogenoemde vergadering kan kommunikeer oor hoe die begrotingsproses verder sal verloop.
|
One Response
Oppas vir ANC