Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende

DA eis antwoorde oor o.19 krieketkaptein

17 Januarie 2024

Die DA het ‘n skrywe gerig aan die Internasionale Krieketraad, om vas te stel of Krieket Suid-Afrika (KSA) hulle ingelig het oor moontlike veiligheidskwessies tydens die o.19 Krieketwêreldbeker, wat die week in Suid Afrika begin.

KSA het die veiligheidskwessies voorgehou as die rede waarom hy die kapteinskap van David Teeger ontneem het.

Die DA hou egter vol dat die besluit eerder weens politieke druk van die ANC geneem is, oor uitsprake wat Teeger gemaak het ter ondersteuning van soldate in Israel.

LEES OOK: O. 19-KRIEKETTOERNOOI MAG IN SA VOORTGAAN NÁ KAPTEIN SE UITLATINGS

Die party se woordvoerder oor sport, Veronica van Dyk sê die Internasionale Krieketraad moet ook ondersoek instel na politieke inmenging by Krieket Suid Afrika.

Die Internasionale Krieketraad het gister (16 Januarie) aangekondig dat Suid-Afrika kan voortgaan met sy aanbieding van die o. 19-wêreldbekertoernooi – wat Vrydag in Potchefstroom en Bloemfontein begin.

KSA het Sondag vir Juan James in Teeger se plek aangestel nadat Teeger in Oktober sy steun aan die Israelse weermag toegesê het in die voortslepende konflik met die Palestyne in Gaza.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

GrYgh3mW8AA78LQ

Centurion-kragonderbreking: Metro kan nog nie oor hersteltyd sê nie

0000800397_resized_oscarmabuyane1022

Oos-Kaapse premier word deel van misdaadstatistiek – ondanks polisiebewaking

School,Classroom,With,Blackboard

Departement van onderwys veroordeel aanval op leerling

Gwede2-1

Gwede Mantashe SA se “nuwe president” – net tydelik

ChatGPT Image May 19, 2025, 03_15_29 PM

Malema: “Ramaphosa se besoek na VSA is ‘n mors van tyd”

Ander Nuus Artikels

GrYgh3mW8AA78LQ
Voormalige burgemeester vaar uit oor brandende substasies
Matriekeksamen
Onderwysdepartement stel raad saam om 30%-slaagsyfer te heroorweeg
GrWax5CXIAAmt93
Wraakpornografie is nou onwettig in die VSA na Trump ‘n wet onderteken
GrYgh3mW8AA78LQ
Centurion-kragonderbreking: Metro kan nog nie oor hersteltyd sê nie
0000800397_resized_oscarmabuyane1022
Oos-Kaapse premier word deel van misdaadstatistiek – ondanks polisiebewaking

Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende