29 September 2021
Die DA sê die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) se verslag oor die Digital Vibes-skandaal is ‘n bewyse van hoe diep gewortel korrupsie in die ANC is.
Dit kom nadat president Cyril Ramaphosa dié verslag reeds 3 maande gelede ontvang het, maar vanoggend vrygestel het. Die SOE het onder meer aanbevelings gemaak dat pres. Ramaphosa optree teen die voormalige minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, vir sy betrokkenheid en gebrek aan behoorlike oorsig oor die R150-miljoen kontrak aan dié maatskappy.
LEES OOK: DIGITAL VIBES-VERSLAG VRYGESTEL
Die DA-LP, Siviwe Gwarube het vanoggend tydens ‘n mediakonferensie gesê dat die president verskeie vertragingstaktieke gebruik het voordat hy besluit het om die verslag openbaar te maak.
Volgens haar behoort president Ramaphosa ook verantwoordbaar gehou te word vir die skandaal omdat hy Mkhize, ondanks dié bewerings teen hom, bedank het vir sy goeie werk as minister van gesondheid toe hy bedank het.
Gwarube sê hulle doen nou ‘n beroep op die Nasionale Vervolgingsgesag om kriminele vervolgings en ondersoeke te doen teen dié persone wat by die verslag betrek word.
Sy meen die huidige minister van gesondheid dr. Joe Phaahla moet ook die gesondheidsdepartement “skoon maak en al die geïmpliseerde persone uit die departement verwyder.”
Stem vir die Aitsa’s