15 Julie 2024
Die DA in Gauteng het sy kommer uitgespreek oor die LUR vir samewerkende regering, Jacob Mamabolo se geskiktheid om in die amp te dien, na sy naam ook opgeduik het in die VBS Mutual Bank-skandaal.
Volgens die eedsverklaring van die voormalige VBS-voorsitter Tshifhiwa Matodzi het Mambolo gevra dat R3-miljoen betaal moet word om die SAKP se rekening te vereffen by die Birchwood hotel in Kempton Park in 2017.
Die SAKP hou gereeld sy konferensies by die hotel.
Die DA sê die premier Panyaza Lesufi moet vir Mamabolo onmiddelik skors, te midde van die bewerings wat teen hom gemaak word.
Die party eis ook dat alle LUR’e leefstyloudits moet ondergaan, en dat die verslae openbaar gemaak moet word.