7 September 2021
Die DA beoog regstappe om die besluit – om aan oud-president Jacob Zuma mediese parool toe te staan – te hersien.
Volgens die leier van die DA, John Steenhuisen is hulle van mening dat dié besluit onwettig is.
Die DA sal by wyse van ‘n aansoek in die hof – die rekord van die beslissing wat tot die toestaan van hierdie parool gelei het – aanvra.
LEES OOK: ANC VERWELKOM ZUMA SE VRYLATING OP MEDIESE PAROOL
Die party sê as dit blyk dat die nasionale kommissaris van korrektiewe dienste, Arthur Fraser, sy diskresie gebruik het om die besluit van ‘n beoordelingspaneel te ignoreer, is is daar ‘n spesifieke proses wat hy sou moes volg.
Steenhuisen sê hulle hersiening sal probeer bepaal of hierdie stappe plaasgevind het en in die regte volgorde.
Hy sê ook dat dit van kardinale belang is dat hierdie proses nie vir persoonlike of politieke gewin gemanipuleer word nie – veral na die debakel twaalf jaar gelede – toe Schabir Shaik op ewe vals gronde mediese parool toegestaan is.
The DA will be taking legal steps to have the decision to grant medical parole to Jacob Zuma reviewed, as we believe this decision to be patently unlawful.
— Democratic Alliance (@Our_DA) September 7, 2021
South Africa cannot stand another Schabir Shaik debacle! – @jsteenhuisen https://t.co/8O0rsQueLd
Stem vir die Aitsa’s