Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

DA bekommerd oor waarnemende hoofde by staatshospitale

8 Mei 2023

Die DA sê dit is kommerwekkend dat een uit elke vier Gautengse openbare hospitale waarnemende uitvoerende hoofde het – met beperkte gesag om blywende besluite in werking te stel.

Luidens ’n skriftelike antwoord deur die provinsiale LUR vir Gesondheid, Nomantu Nkomo-Ralehoko, op ’n vraag deur die DA se skadu-LUR, Jack Bloom, het nege uit die 37 Gautengse openbare hospitale tans waarnemende uitvoerende hoofde.

Die voriges het óf vertrek óf is geskors.

Luidens die LUR se antwoord is die Kopanong-hospitaal – in Vereeniging – al sedert verlede jaar sonder ‘n permanente uitvoerende hoof toe die vorige uitvoerende hoof se kontrak in Februarie geëindig het.

Bloom is van mening dat die Gautengse gesondheidsdepartement die vakatures so gou moontlik moet vul om te verseker dat pasiënte nie daaronder ly nie.

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

insignia-air-fryer

Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting

Untitled design

Menslike as langs Weskuspad gestort

gt1776021

Nóg ‘n KZN-strand sluit oor watergehalte

ENOCH2

Minister sê hy sal nié bedank nie

maxresdefault

Nuuskommentaar: Ongerymdhede in Netbal SA nie nuut

Ander Nuus Artikels

pexels-shvets-production-9775854
Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”
SENZO-MCHUNU
Die minister van polisie vra om verskoning nadat hy skoolhoof van verkragting beskuldig
Tshwane-water - foto met erkenning aan Randwater
VF Plus eis dringende optrede met Tshwane-watervoorsiening
insignia-air-fryer
Meer as 3-miljoen lugbraaiers herroep weens vlamme, oorverhitting
Untitled design
Menslike as langs Weskuspad gestort

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende