18 Mei 2022
Die Oos-Kaapse departement van sport, kuns en kultuur hou hierdie week openbare deelname-verhore oor nog voorgestelde naamsveranderinge in die provinsie.
Die departement beplan nou glo om Cradock – in die Chris Hani-distrik se naam te verander na Inxuba Kaladokhwe.
Hulle wil ook ‘n gedeelte van die N2 rondom die dorp vernoem na ‘n filantroop, Mthetheleli Ngumbela.
LEES OOK: NÓG NAAMSVERANDERINGE IN DIE OOS-KAAP OORWEEG
Die departement se woordvoerder, Andile Nduna sê die openbare deelname-proses sal tot volgende Woensdag duur.
Volgens Nduna oorweeg die departement ook glo om die name van Kei Brug, Mooiplaas, Morgans Baai, Keimond en Komga Hospitaal te verander.