Huis Toe

Weeksdae
16:00 - 18:00

Luister nou

Volgende

Covid-kommentare: Slegs 77 uit 300 000 gebruik, sê Sakeliga

20 Junie 2022

Die sakeorganisasie, Sakeliga sê die regering het ‘n chaotiese openbare deelnameproses gebruik met die instelling van die huidige gesondheidsregulasies wat, volgens die regering, daarop gemik is om enige moontlike uitbreking van Covid-19 te bestuur.

Dít blyk uit dokumente wat kragtens die hofreëls aan Sakeliga oorhandig is.

Die regering het op 4 Mei vanjaar tydelike gesondheidsregulasies ingestel nadat die ramptoestand verval het.

Dié regulasies bepaal onder meer dat byeenkomste, binnenshuis en in die buitelug 50% bywoning mag hê, maar dat mense ‘n bewys van inenting moet kan toon. Mense moet ook steeds ‘n masker dra wanneer hulle ‘n gebou binnegaan.

Die regering het in Maart die publiek genooi om aan ‘n openbare deelnameproses deel te neem. Volgens Sakeliga moes die proses tot Junie duur, maar is kort geknip nadat die minister van gesondheid, dr. Joe Phaahla op 4 Mei die tydelike regulasies aangekondig het.

Teen 4 Mei is 300 000 kommentare oor die regulasies reeds ontvang. Luidens Sakeliga se verslag was slegs 67% van die kommentare teen daardie tyd verwerk. Volgens die Regs- en skakelbeampte van Sakeliga, Tian Alberts is slegs 132 kommentare van die totale 300 000 kommentare deur die regering in ag geneem toe hulle op die regulasies besluit het. “Uiteindelik is slegs 77 substantiewe kommentare gebruik en oorweeg.”

Hy sê prominente organisasies soos Dear SA, die Nasionale Werkgewersorganisasie van Suid-Afrika (NEASA), die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging en Sakeliga se kommentare is nié oorweeg in die besluitnemingsproses nie.

“Sakeliga het ‘n steekproef van 500 lukraak gekose kommentare geneem. Hieruit was dit duidelik dat 97% van mense téén die tydelike gesondheidsregulasies was, terwyl 3% dit gedeeltelik om ten volle ondersteun het.”

Hy sê daar is verskeie redes waarom sommige kommentare verwerp is. “Die regering het bloot nie die nodige kennis om openbare kommentare te verwerk nie en het ook in sommige gevalle bloot kommentare verwerp wat teen die regulasies was.”

Alberts verduidelik dat sommige kommentare ook vir “bisarre en ongegronde” redes verwerp is. In een geval het die betrokke kommentaar nie die nodige wetgewing bevat nie. Hy sê wanneer ‘n persoon beswaar aangeteken het teen die dra van maskers is die kommentaar uitgegooi weens die regering se redenasie dat daar wetenskaplike bewyse is dat die dra van maskers mense teen die Covid-19-virus beskerm.

“Die regering versuim egter om die wetenskaplike bewyse aan die nodige rolspelers te voorsien,” sê Alberts.

Sakeliga se saak teen die tydelike gesondheidsregulasies word einde Julie aangehoor.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

GpsUsB5XkAAKkI0

Paastyd padsterftes neem met 45,6% af

Eie rigting

Zoeloes op die Afrikanerstoep

Eskom

Eskom gereed om weer geld te leen

ENOCH

Hof stop ook nou amptelik die BTW-verhoging

pexels-shvets-production-9775854

Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”

Ander Nuus Artikels

Internasionale perspektief
Meloni blom in besoek aan Trump
Kleinfontein
Kleinfontein-gemeenskap reageer op beplande EFF-betoging
CARNEY
Kanada kry ‘n nuwe premier
GpsUsB5XkAAKkI0
Paastyd padsterftes neem met 45,6% af
Eie rigting
Zoeloes op die Afrikanerstoep

Huis Toe

Weeksdae
16:00 - 18:00

Luister nou

Volgende