2 Junie 2022
Die minister van gesondheid Joe Phaahla sê Suid-Afrika is tans in ‘n baie belowende situasie, rakende die Covid-19 pandemie.
Phaahla het gister tydens sy begrotingsrede in die Nasionale Raad van Provinsies gesê die aanduidings is dat die ergste verby is, en dat ons in ‘n epidemiese fase beweeg, hoewel ons steeds waaksaam moet wees.
Hy het mense gevra om geduld te hê met die oorblywende gesondheidsregulasies, sodat daar nie ‘n terugslag beleef word met Covid-19 infeksies nie.
Phaahla het ook weereens ‘n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om ‘n inenting te kry. Hy sê meer as die helfte van volwassenes in die land is reeds minstens een keer teen Covid-19 ingeënt, waarvan 70% ouer as 60 is.