Jaco Versfeld Aand

Saterdae
17:00 - 23:00

Luister nou

Volgende

Covid-19 in China hou naas Oekraïne-oorlog verdere bedreiging vir wêreldekonomie in

Nuuskommentaar: 25 Maart 2022

Deur: Jaco Kleynhans

Verlede week is meer as 37 miljoen mense in China onder ‘n streng staat van inperking geplaas. Dit volg nadat meer as vyf duisend mense per dag in China positief vir Covid-19 getoets het. Saterdag is die eerste twee persone in meer as twaalf maande aan Covid-19 in China oorlede. 

China is een van die laaste lande in die wêreld wat probeer om die verspreiding van Covid-19 heeltemal te beperk. Vir meer as twee jaar het die Chinese met streng inperkingsmaatreëls en ‘n totale reisverbod wel daarin geslaag. Die afgelope tyd raak dit egter duidelik dat die omikron-variant se aansteeklikheid gekombineer met oneffektiewe Chinese entstowwe en steeds onvoldoende vlakke van inenting onder bejaarde Chinese, ‘n ernstige uitdaging om Covid-19 te beheer, vir die Chinese inhou. 

Tans is 95% van alle gevalle in China nie ernstig nie, maar die Chinese se probleem is die afwesigheid van natuurlike immuniteit. In die meeste ander lande in die wêreld het die vinnige verspreiding van die omikron-variant van Covid-19 die afgelope paar maande tot hoë vlakke van natuurlike immuniteit gelei. Dit gekombineer met hoë inentingskoerse veroorsaak dat daar ten spyte van baie nuwe gevalle wat daagliks in ander lande gediagnoseer word, min ernstige gevalle is. 

Sowat 17 miljoen Chinese ouer as 80 jaar is nie teen Covid-19 ingeënt nie. Baie Chinese is skepties oor die effektiwiteit van entstowwe wat in China ontwikkel is. Terwyl die Chinese regering tot nou met groot sukses daarin geslaag het om die verspreiding van Covid-19 met streng inperkings te voorkom, kan die afwesigheid in natuurlike immuniteit oor die volgende weke tot ernstige ontwrigting in China lei.

Dit is duidelik dat die Chinese ekonomie reeds hierdeur geraak word. Groot fabrieke in talle stede is tans gesluit. Tekorte aan belangrike onderdele wat in China vervaardig word, kan tot ‘n versteuring in produksie in ander lande ly.

Die Chinese regering het aan die begin van die jaar voorspel dat die land se ekonomie vanjaar met  5,5% sou groei. Ekonome verwag nou dat dié groeiverwagting nie gehaal sal word nie.

Groot globale maatskappye ervaar tans produksievertragings in China wat die afgelope paar weke tot ‘n stilstand in uitvoere aanleiding gegee het. Daar is ook reeds ernstige vertragings by Chinese hawens. Dit kan tot ‘n verdere versteuring van globale handel aanleiding gee. Baie maatskappye in Westerse lande is egter ook afhanklik van onderdele wat uit China aangekoop word en die huidige probleme met Covid-19 en die gevolglike inperkingsmaatreëls gaan globale uitdagings in internasionale handel vererger.

Terwyl die afgelope twee jaar se wêreldwye inperkingsmaatreëls en die huidige oorlog in Oekraïne internasionale handel en produksie reeds deurmekaar gekrap het, kan ‘n langdurige streng staat van inperking in China en die volgehoue sluiting van fabrieke die situasie drasties vererger. Die tyd het aangebreek vir China om sy benadering om die verspreiding van Covid-19 heeltemal te verhoed te beëindig maar met byna geen natuurlik immuniteit teen Covid-19 en met swak entstowwe gaan dit nie maklik wees nie. Daar is dus rede tot kommer oor die invloed wat China se huidige Covid-19 probleme op die globale ekonomie gaan hê.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

Jaco Versfeld Aand

Saterdae
17:00 - 23:00

Luister nou

Volgende