Covid-19 en entstowwe: Moenie dat debat en vryheid ook slagoffers word nie


Luister nou

Volgende

Covid-19 en entstowwe: Moenie dat debat en vryheid ook slagoffers word nie

Nuuskommentaar: 13 Augustus

Deur: Dr. Eugene Brink

Die stryd tussen die inenters en nie-enters woed voort in die hoostroom-media en sosiale media en dit lyk nie asof dit wil bedaar nie. Die druk om in te ent is selfs besig om in werksplekke en die sakesektor op te laai. Die hewigheid van hierdie druk en debat is verstaanbaar gegewe dat ons al vir anderhalfjaar met ’n pandemie saamleef en dit nie lyk asof die virus-golwe gou gaan ophou om oor ons te spoel nie.

Entstowwe kan ’n belangrike rol speel om die virus te bekamp. Die hoofsoorte wat nou gebruik word om mense in te ent kan, behalwe vir die gewone en behandelbare newe-effekte in sekere gevalle, veilig geag word. Dit is veral nie lewensbedreigend nie. Dr. Theodore Strange, tussentydse voorsitter van medisyne by die Staten Island- akademiese hospitaal, sê die veiligheid en doeltreffendheid van die huidige entstowwe is duidelik.    

’n Dokter by die Groote Schuur-hospitaal het aangetoon dat te midde van verhoogde infeksies in die Wes-Kaap, sien hy niemand wat ingeënt is wat Covid-verwante longontsteking ontwikkel nie. Die direkteur van die Amerikaanse Sentrums vir Siekte Voorkoming en Beheer vermeld dat voorlopige data toon dat 99.5% van mense in die VSA wat sedert Januarie weens Covid-19 gesterf het, nie ingeënt was nie. Dit is indrukwekkend as in ag geneem word dat bykans 70% van die Amerikaanse bevolking reeds ingeënt is.

Dit is ook egter so dat entstowwe nie heeltemal doeltreffend is teen Covid-19 nie. Voorlopige data uit studies toon dat die Johnson&Johnson-entstof 67% effektief is teen die Delta-variant. Die Moderna-entstof is 72% tot 95% doeltreffend en dit is 64% tot 96% vir die Pfizer-BioNTech-entstof. Die nuusdiens Reuters het onlangs berig dat die Lambda-variant wat sy oorsprong in Suid-Amerika gehad het, geweldig aansteeklik is en meer weerstand teen entstowwe bied as die aanvanklik variante wat in China ontstaan het. Reuters het terselfdertyd berig nuwe navorsing dui daarop dat ingeënte mense met “deurbraak”-infeksies van die Delta-variant dalk ewe maklik ander mense kan aansteek as diegene wat nie ’n entstof ontvang het nie. Die entstowwe se langtermyn-uitwerking is ook nog glad nie duidelik nie.     

Daarbenewens is slegs 5.3% van die Suid-Afrikaanse bevolking tans ingeënt en die inentingstempo verloop uiters stadig. ’n Studie deur Afrobarometer toon dat 70% van die bevolking min tot geen vertroue het in die regering se vermoë om seker te maak dat entstowwe veilig is nie. Vervolgens wil ’n allemintige 42% van die respondente hulself waarskynlik nie laat inent nie. Nog 12% het aangedui dat hulle onwaarskynlik hulself gaan laat inent.

Of mens daarvan hou of nie, dit staan indiwidue vry om self te kan besluit oor om die entstowwe te neem al dan nie. ’n Groot segment van die plaaslike en globale bevolking is nog nie oortuig nie en baie het billike redes om entstowwe te weier. Geen meerderwaardigheid, voorskriftelikheid of selfs dwang deur middel van wetgewing of ander strafmaatreëls gaan hulle oortuig nie. Inteendeel, hierdie optede is klaarblyklik besig om die weerstand verhoog. Dit gaan stellig meer rasionele, wetenskaplike oorreding verg om hulle te oortuig. Maar indien dit nog steeds nie werk nie, bly dit hul reg om te besluit oor wat met hul liggame gebeur. Soos reeds aangedui, sal universele inenting waarskynlik nie die einde van die pandemie beteken nie en ingeënte mense moet ook nie ophou om ander veiligheidsmaatreëls na te kom nie. 

Die belangrikste grondwaarheid is dat niemand in mekaar se pad moet staan om self besluite oor hul gesondheid te neem nie. Indien daar heilige koeie aan die een of die ander geskep en selfs afgedwing word, beweeg die mensdom op gevaarlike terrein. Dit is onrusbarend hoe selfs leiers en politici in van die vryste lande ter wêreld, soos Nieu-Seeland en Australië, vir hul burgers vertel dat die regering hul enigste bron van inligting oor Covid-19 moet wees. Sosialemedia-platforms plaas kennisgewings by elke plasing oor Covid-19, ongeag hoe onskadelik dit mag wees, om eerder ’n enkele, goedgekeurde bron daaroor te raadpleeg. Hulle beroep hulle almal op ’n sekere onvolledige weergawe van die wetenskap om hul optrede te regverdig. Die feit is egter dat die wetenskap nooit onbesproke of uitgemaak is nie en word dikwels deur kommersiële en poliieke belange gemanipuleer. Vandaar die voortdurende debat oor allerlei medisyne asook ander omstrede en veelkantige onderwerpe, soos rassisme, diskriminasie en boetedoening. Om hierdie spesifieke debat te wil smoor in die naam van ’n pandemie en dit te doen deur dwang oor inligtingsbronne en selfs verpligte enstowwe, skep ’n uiters gevaarlike presedent oor ander onderwerpe.

Die entstowwe lewer duidelik ’n bydrae tot beter veiligheid wat Covid-19 betref, maar daar is te veel onbeantwoorde vrae om hierdie debat deur dwang te vervang. Ons moet ook nie toelaat dat optrede op die korttermyn ons vryhede op die langer termyn kelder nie.  

Hou Afrikaans op die lug

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

winter-1

Die herfsweer wys tande met ‘n kouefront

Donald Trump

Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit

NWU

NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie

ENOCH1-large

“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

Ander Nuus Artikels

WhatsApp Image 2025-04-21 at 16.57.33_905897b9
Die MK-party besoek Kleinfontein
Pope-Francis-120824-1-bfb0a5d45f5f46e1934fab8de6f8e91e (1)
Pous Franciskus sterf
0001054255_resized_paulmashatile150320231022
Polisie ondersoek aanslag op Paul Mashatile se lewe
winter-1
Die herfsweer wys tande met ‘n kouefront
Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit

Covid-19 en entstowwe: Moenie dat debat en vryheid ook slagoffers word nie


Luister nou

Volgende