Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

COSATU GEE REGOPDUIMPIE VIR MINIMUM LOON

21 Desember 2021

Die vakverbond Cosatu het die voorgestelde wysigings aan die nasionale minimum loon verwelkom, waaruit huiswerkers die meeste sal voordeel trek.

Die Nasionale Minimumloonkommissie het voorgestel dat die minimum loon met inflasie plus een persent verhoog moet word.

Die kommissie hersien elke jaar die minimum loon en vanjaar het hy voorgestel dat dié loon vir huiswerkers gelyk gemaak word met die nasionale minimum loon in 2022.

Dit beteken dat huiswerkers se minimum salaris van R19,09 na R23 per uur verhoog sal word wat neerkom op ’n 21 %-verhoging. ’n Huiswerker wat tans R3 360 vir ’n 8-ure skof oor 22 dae betaal word sal moontlik aanstaande jaar R4 063 huis toe kan neem.  

Ander werkers se loon sal dan van R21,69 tot R23 per uur styg.

Cosatu meen dat dit ’n positiewe verskil in meer as ses miljoen werkers se lewens sal teweegbring, veral vir die 892 000 huiswerkers.

Die vakverbond sê hy wil sien dat die wysigings gou ingestel sal word.

Die wysigings moet egter nog deur die departement van indiensneming en arbeid goedgekeur word. Die departement nooi die publiek uit om teen 14 Januarie 2022 op die voorstelle te reageer.

Fotokrediet: workability.co.za

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

ChatGPT Image Apr 23, 2025, 01_21_00 PM

LUR bekommerd oor beweerde lyfstraf by ‘n Pretoria-skool

GjK6x6eWUAA5loy

Seremoniële geleenthede kos die weermag miljoene

dirk hermann4

Solidariteit kondig optrede teen Ramaphosa aan oor minagting van hof

Paul-mashatile2

Mashatile sê hy wil die volgende ANC-leier wees

GpMtIfnXQAAQhoy

Brandweerdienste weer na die Tembisa-hospitaal ontbied

Ander Nuus Artikels

Marianne Pouwels_b
Nuuskommentaar: Nie volmaak, maar vol hoop
Thabo-3-800x450
Professor skuldig aan dieremishandeling oor honger leeus
WhatsApp Image 2025-04-23 at 13.39.01_55df3ea7
E-verkiesing waarskynlik nog nie al in 2026 ‘n moontlikheid nie
ChatGPT Image Apr 23, 2025, 01_21_00 PM
LUR bekommerd oor beweerde lyfstraf by ‘n Pretoria-skool
GjK6x6eWUAA5loy
Seremoniële geleenthede kos die weermag miljoene

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende