6 November 2024
Solidariteit sê die Cosatu-vakverbond se aantygings dat “ou apartheidsera-vlae” tydens gister se Bela-protesoptog in Pretoria vertoon is, is kwaadwillig en vals.
Cosatu het in ‘n plasing op sy sosiale media gesê dat hy die vertoon van die ou landsvlag veroordeel.
Die uitvoerende hoof van AfriForum, wat saam met Solidariteit gister se optog gereël het, Kallie Kriel sê dat daar op géén stadium van die dag enige vlae van die vorige bedeling vertoon is nie. Hy sê een persoon wat wel ’n ou Transvaalse Vierkleur vertoon het, is met sy aankoms onmiddellik versoek om die terrein te verlaat en is deur veiligheidswagte van die terrein af begelei.
Volgens die bestuurshoof van Solidariteit, dr. Dirk Hermann is Cosatu se aantygings opportunisties. “Die persoon wat weggewys is omdat hy die Vierkleur vertoon het, was één uit meer as 10 000 mense, en die situasie is dadelik en doeltreffend hanteer,” sê Hermann.
Kriel meen dat die aantygings daarop gemik is om die aandag van ’n belangrike saak af te lei.
#COSATU condemns apartheid flags at BELA protest @SAfmRadio @GaytonMcK pic.twitter.com/pgiwgw7gmO
— @COSATU Today (@_cosatu) November 6, 2024