31 Mei 2023
Die minister van gesondheid, dr. Joe Phaahla, sê choleragevalle en -sterftes neem drasties af.
Phaahla het vroeër vanmiddag die media toegespreek oor die cholera-uitbreking in die land. Volgens hom is geen nuwe sterftes weens cholera vandeesweek aangekondig nie.
Hammanskraal, in die noorde van Pretoria, is steeds die episentrum van die cholera-uitbreking. 23 mense is in hierdie gebied dood, terwyl een mens in die Vrystaat oorlede is. Hy sê die oorsprong van die geval in die Vrystaat word nog ondersoek.
“Verskeie waterbronne in die provinsie se water is getoets, maar geen besmetting is gevind nie.”
Volgens Phaahla is daar byna 300 mense sedert die begin van die uitbreking by die Jubilee-distrikshospitaal met diaree-simptome opgeneem.
[Watch Live] Minister Joe Phaahla provides update on #CholeraOutbreak https://t.co/pYvvLBENuc
— South African Government (@GovernmentZA) May 31, 2023
