23 Mei 2023
Die burgemeester van die Tshwane metroraad, Cilliers Brinks, sê die Hammanskraal-cholera-uitbreking moet as ‘n nasionale noodgeval – asook ‘n humanitêre en menseregtekrisis – hanteer word.
Die wanfunksionele afvalwaterbehandeling in die gebied het bygedra tot die uitbreking van ‘n bakteriese infeksie wat tot die dood van minstens vyftien mense in die noorde van Pretoria gelei het.
Hammanskraal sukkel al meer as ‘n dekade met ‘n beduidende waterverwante gesondheidsnood wat gelei het tot die vinnige verspreiding van cholera deur die gemeenskap – en moontlik baie naburige gebiede ook.
Brink sê die metro het eenvoudig nie die vermoë om die jare lange probleem op sy eie aan te pak nie.
Hy sê daar moet dringend gekyk word na maniere om met die departement van waterwese en private vennote saam te werk om die kapitaal te kry om die nodige opgraderings te doen.
STATEMENT: Human Settlements Department ramps up water provision through water tankers to Hammanskraal after cholera outbreak. pic.twitter.com/tYzYOaxepX
— Tshwane Coalition (@tshwane_mayor) May 23, 2023
[WATCH] Testing samples have come back negative for E. Coli and cholera following comprehensive testing on multiple sites around Temba and Hammanskraal areas. pic.twitter.com/Y4NEH1iM7N
— Tshwane Coalition (@tshwane_mayor) May 22, 2023
